"KONING" (TLM 05-526)
"Koning" (TLM 05-526) 'n Boranbul van die Tambaraine Boran stoetery van mnr. Eloff Muller van Mosselbaai het die rekordboeke herskryf toe hy verkoop is vir R900 000 .00 . Dit is 'n nuwe rekordprys vir alle rasse.

Die veiling het plaasgevind op 7 Junie 2008 te Excelsior en 'n sindikaat van telers het "Koning" gekoop. Hy is reeds in Mosselbaai waar hy in 'n embriospoelprogram gebruik gaan word.
Mnr Adriaan Rall rasdirekteur van die Boran beestelersgenootskap sê die prys onderskryf die vertroue van die land se Borantelers in hul ras.
Die bul "Koning" het besonderse vleiseienskappe asook `n gebalanseerde bouvorm met 'n skrotumomvang van 42cm.
"Koning" se uitsonderlike eienskappe is 'n kombinasie van twee bekende Keniaanse bloedlyne – van die Mogwooni 2459-lyn en die Ol Petjeta 791-lyn aan moederskant.
Rall sê tydens sy vele besoeke aan Kenia en Zambie het hy nog nie "Koning" se gelyke teegekom nie. Ten spyte van sy brëe borswydte, het hy steeds `n baie swaar agterkwart. Die bul het uitsonderlike diepte en kapasiteit, maar behou steeds sy wigvorm.
Sales News
National sale 24 July 2008 - PARYS AFRI-DOME
This top quality polled bull (E 06-05) was entered and sold by Tambaraine Boran.
He fetched R220 000.00, and was sold to Schalk van Oudtshoorn (Elandspruit Boran)
Return to the home page.
